Zauditu | |
---|---|
Negesta Nagastat Keiserin van Ethiopië | |
Dinastie | Huis van Salomo |
Bewind | 27 September 1916 - 2 April 1930 |
Gebore | 29 April 1876 |
Wollo, Keiserryk Ethiopië | |
Gesterf | 2 April 1930 (op 53) |
Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië | |
Voorganger | Lidj Iyasu |
Opvolger | Haile Selassie |
Gade | Araya Selassie Yohannes (1882-1888) Gugsa Welle (1900-1930) |
Vader | Keiser Menelik II |
Moeder | Woizero Abechi |
Zauditu (Ge'ez: ዘውዲቱ Zäwditu; gebore as Askala Maryam; 29 April 1876 - 2 April 1930) was van 1916 tot 1930 keiserin van Ethiopië. Sy was die eerste vroulike heerser van ’n internasionaal erkende land in Afrika in die 19de en 20ste eeu en die eerste regerende keiserin van die Keiserryk Ethiopië. Haar bewind is gekenmerk deur die hervormings van haar regent (Enderase) en erfgenaam, Ras Tafari Makonnen (wat haar opgevolg het as keiser Haile Selassie). Vanweë haar konserwatisme en sterk geloof het sy meestal met hom gebots.
In 2020 was sy die mees onlangse regerende keiserin in die geskiedenis, en tot met die verkiesing in 2018 van Sahle-Work Zewde as president, die mees onlangse vroulike staatshoof van Ethiopië.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search